Hi
Verskoon die afrikaans en engels gemeng, maar dit gaan my lank vat om als in engels te doen.
Nog een van daai gevalle - by verkeerde mense geleer.
Ouderdom : 44
Lengte : 1.71m
Gewig : 78 kg
Bf : tussen 12-14 % ( Julie laas jaar laas gemeet (15.8% ), maagspiere besig om te sny )
Dieet : eet redelik gesond, sny hoofsaaklik kunsmatige suiker en sommige stysels uit, 5 etes 'n dag.
Gym weer vir ongeveer 2 jaar. ( redelik baie aan/af gegym voorheen )
Kry toe 'n supplier deur iemand anders. Na baie gesprekke en lees het ek die volgende gedoen.
Week 1-8 Generies vir Anapolin ( hoeveelheid per dag meer gemaak en toe weer minder )
Week 9-11 Generies vir Anadrol / Sustaplex 325 (week 9 - 1 pil 'n dag en 1 ml susta per week, week 10 - 2 pille 'n dag en 1 ml susta per week, week 11 - 2 pille 'n dag en susta elke 5 de dag.
In week 11 het ek opgemerk dat ek "puffy nipples" begin kry en stop toe die anadrol.
Tans spuit ek die susta elke 5 de dag en het nog 2 ml oor, wou nie die sustaplex los voor ek nie 'n anti-estrogen kon kry nie.
Het toe agtergekom die supplier glo ook nie aan PCT nie.
Begin toe meer leer oor steroids.( met wat ek nou weet sal ek dit nooit gedoen het nie )
Het op die forum afgekom en het baie gelees en geleer van steroids, cycles en pct.
Dink die anapolins was fake, het glad nie enige resultate, positief of negatief daarvan gekry nie.
Begin toe 'n ander supplier soek om goed te kry vir die puffy nipples.
Op die stadium kan ek Arimidex kry.
My vraag rondom hulp is nou.
Sal julle voorstel ek hou aan met die susta en gebruik arimidex saam dit tot die sustaplex kla is.
Verminder die hoeveelheid van die susta na .5ml en gebruik die Arimidex tot die die susta kla is en doen dan 'n bridge met die arimidex.
Die probleem is, ek ry 23 Des. Weskus toe en gaan ongeveer 3 weke geen gym in daai area kry nie. Gebruik ek dan daai tyd as deel van die af tyd voor PCT.
Ek verstaan ek het aangejaag, so help asb.